Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Cindy Hess Kasper

Charlie se Lys

Toe Charles Howard in Mei 2009 oorlede is in die ouderdom van 87 jaar, het hy ’n besondere nalatenskap aan sy vrou en kinders nagelaat. Hy en sy vrou het vir baie jare getrou as sendelinge in Indië en Suid-Afrika gewerk. Maar op die ouderdom van 73 jaar, het hy begin om Skrifgedeeltes te memoriseer, sodat hy “goed” kon eindig,…

Valse hoop

Die pragtige dorpie in Beiere, Duitsland, dra dieselfde naam as ’n plek wat met verskriklike wreedhede assosiëer word – Dachau. ’n Museum op die terrein waar hierdie berugte Nazi konsentrasiekamp geleë was, lok baie geskiedkundiges wat in die Tweede Wêreldoorlog belangstel. Wanneer jy daar rondkyk, sien jy die misleidende woorde wat teen die ysterhek aangebring is: Arbeid Maak Vry. Hierdie…

Baie Beter

Pastoor Dan Cummings was tot die dood toe moeg. Hy het kanker gehad en moes ’n baie streng diëet volg en dit het sy kragte uitgeput. Nadat hy vir twee weke in Texas behandeling ondergaan het, het hy uitgesien om huis toe te gaan na Michigan toe. In ’n brief op sy webwerf skryf hy: “Vandag voel ek baie beter…

’n goeie God

Toe my swaer ’n sendeling in Mali in Afrika was, was hy in ’n verkeersongeluk betrokke. ’n Man het oor die pad gestap, reg voor Chuck se motorfiets in. Die motorfiets het die man getref en Chuck en sy motorfiets het vir ’n lang ent oor die pad geskuiwe. Toe Chuck later in die hospitaal bygekom het, het die dokter…

geparkeer Vir nou

Ek het nog altyd probleme gehad om my motor te parkeer. Toe ek my lisensie gekry het, het die instrukteur nie juis hoë prioriteit aan parkering gegee nie en gevolglik het ek nie geleer hoe om agteruit in ’n parkeerplek in te ry nie tot veel later. Hy het ook nie aandag aan paralelle parkering gegee nie, en dus is…

Die toename van sonde

Vir honderde jare is windmeule gebruik om water te pomp en graan te besproei. Maar gedurende die laaste paar dekades waar turbines al hoe meer gebruik is om elektrisiteit te verkry, het daar ’n probleem opgeduik. Navorsers het ’n ingrypende ontdekking gedoen. Hulle het vasgestel dat windaangedrewe opwektoestelle goed werk as die spoed laag is, maar wanneer die wind sterk…

Altyd by jou

Die hoofweg aan die suidelike oewer
van die Michigan Meer kan nogal
gevaarlik wees, veral gedurende die
wintermaande. Een naweek was ons vanaf
Grand Rapids onderweg terug na Chicago,
toe die sneeu en ys so saamgepak het dat
die verkeer heeltemal ontwrig is. Ons het
byna twee keer langer as gewoonlik gery.
Ons was dankbaar toe ons eindelik van die…

Roem En Nederigheid

Menige van ons het ’n obsessie met roem - óf om beroemd te wees óf om elke detail van bekende mense te volg. Verskynings op laatnag vertonings. Miljoene volgelinge op Twitter. In ’n onlangse studie in die VSA het navorsers die name van bekende individue, met behulp van ’n spesiale ontwikkelde algoritme wat die Internet deursoek, op ’n ranglys geplaas.…

Ons Veilige Hawe

My heel eerste werk was by ’n kitskos-restaurant. Een Saterdagaand het ’n man om my rondgedraai, en bly vra hoe laat ek klaarmaak. Dit het my ongemaklik gemaak. Terwyl dit al later word, het hy skyfies bestel, toe ’n drankie, sodat die bestuurder hom nie uitgooi nie. Hoewel ek nie ver weg gebly het nie, was ek bang om alleen…

Skat In Die Hemel

As kinders het ek en my twee sussies daarvan gehou om langs mekaar op ma se sederhout-linnekis te sit. Ons woltruie en ouma se borduur- en hekelwerk was in die kis bewaar. Ma het baie waarde geheg aan die inhoud van die kis en het op die reuk van die sederhout staatgemaak om motte af te skrik en weg te…